Skip to content Skip to left sidebar Skip to right sidebar Skip to footer

Schools welcoming Georgie back

Issued: Monday 28 March 2022

After two years of restricted contact with learners, schools in George are slowly opening their doors to carefully planned visits from the GO GEORGE communications team and, of course, the popular mascot Georgie.

With all the necessary Covid-19 safety precautions in place, Georgie and his team set out on a wide tour of pre-primary classes and primary schools during March. They were welcomed with loud cheering and singing, and eager young minds ready to learn about public transport, that all-important Smart Card, pedestrian safety near the buses and how to behave on the bus. The topic of vandalism was also addressed in an age-appropriate manner.

The bus-shaped photo banner with windows to peep through is a firm favourite among the little ones – that is after first giving Georgie a hug, of course.

Any organisation or school interested in a visit from GO GEORGE can phone the GO GEORGE Call Centre on 0800 044 044 to request contact from the communications team.

 

CAPTIONS:

Grade RR learners from George South Primary School flocking to greet and talk to the GO GEORGE mascot, Georgie. (The wearing of masks is not mandatory for children under the age of 6.)

 

The 4- and 5-year-olds at Joey’s Babies in Rosemoor were completely intrigued by Georgie and his friendly teammates who came to tell them more about the GO GEORGE buses. (The wearing of masks is not mandatory for children under the age of 6.)

 

A very safe ride on the bus! George South Primary School’s Grade 4 learners enjoyed peeping through the open windows of the GO GEORGE bus banner.

 

GO GEORGE has developed programmes to reach different ages of school learners with information about the bus service, how to behave on the bus and how to be safe around the bus. Mascot Georgie has become a favourite among the youngsters, with the bus banner also providing lots of fun, as can be seen with this group of Grade RR learners from George South Primary School. (The wearing of masks is not mandatory for children under the age of 6.)

 

The Grade 4 learners of Kretzenshoop Primary School listened with great attention to the information about the bus service. They were joined by acting principal, Mr Elton Titus (at the back), to pose for a photo with Georgie and the GO GEORGE bus banner.

 

The Grade Rs of George South Primary School enjoyed an outdoors visit with the GO GEORGE team, learning about the bus service and how to behave on and around the bus to ensure a safe ride. (The wearing of masks is not mandatory for children under the age of 6.)

 

Skole verwelkom Georgie terug

Uitgereik: Maandag 28 Maart 2022

 

Ná twee jaar van beperkte kontak met leerders, maak skole in George stadig hul deure oop vir noukeurig beplande besoeke van die GO GEORGE-kommunikasiespan en natuurlik, die gewilde gelukbringer, Georgie.

Met al die nodige Covid-19-veiligheidsmaatreëls in plek, het Georgie en sy span gedurende Maart ‘n wye toer van preprimêre klasse en laerskole aangepak. Hulle is verwelkom met luide gejuig, sang en gretige jong breine gereed om te leer oor openbare vervoer, daardie allerbelangrike Slimkaart, voetgangerveiligheid naby die busse en hoe om jou op die bus te gedra. Die onderwerp van vandalisme is ook op ‘n ouderdomsgepaste wyse aangespreek.

Die busvormige fotobanier met vensters om deur te loer, is ‘n besliste gunsteling onder die kleingoed – dit is nou nadat Georgie eers ‘n drukkie gekry het.

Enige organisasie of skool wat belangstel in ‘n besoek van GO GEORGE kan die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044 skakel om kontak van die kommunikasiespan te versoek.

 

BYSKRIFTE:

George-Suid Gr RR (4):
Graad RR-leerders van Laerskool George-Suid drom saam om die GO GEORGE-gelukbringer, Georgie, te groet en te gesels. (Die dra van maskers is nie verpligtend vir kinders onder die ouderdom van 6 jaar nie.)

 

Die 4- en 5-jariges by Joey’s Babies in Rosemoor se aandag is vasgevang deur Georgie en sy vriendelike spanmaats wat hulle meer oor die GO GEORGE-busse kom vertel het. (Die dra van maskers is nie verpligtend vir kinders onder die ouderdom van 6 jaar nie.)

 

‘n Baie veilige rit op die bus! Laerskool George-Suid se graad 4-leerders het dit geniet om deur die oop vensters van die GO GEORGE-busbanier te loer.

 

GO GEORGE het programme ontwikkel om leerders van verskillende ouderdomme te bereik met inligting oor die busdiens, hoe om jou op die bus te gedra, en hoe om veilig rondom die bus te wees. Gelukbringer Georgie het ‘n gunsteling onder die jongklomp geword, met die busbanier wat deesdae ook baie pret verskaf, soos gesien kan word met hierdie groep Graad RR-leerders van Laerskool George-Suid. (Die dra van maskers is nie verpligtend vir kinders onder die ouderdom van 6 jaar nie.)

 

Die graad 4-leerders van Laerskool Kretzenshoop het aandag geluister na die inligting oor die busdiens. Waarnemende skoolhoof, mnr Elton Titus (agter), het saam kom poseer vir ‘n foto saam met Georgie en die GO GEORGE-busbanier.

 

Die Graad R’s van Laerskool George-Suid het ‘n buitelugbesoek van die GO GEORGE-span geniet en baie geleer oor die busdiens en hoe om jou op die bus te gedra om ‘n veilige rit te verseker. (Die dra van maskers is nie verpligtend vir kinders onder die ouderdom van 6 jaar nie.)