Skip to content Skip to left sidebar Skip to right sidebar Skip to footer

Road upgrades impacting GO GEORGE bus service

The next phase of municipal road upgrades in George impacting the GO GEORGE bus service will commence on Monday 24 August 2020. This resurfacing of Knysna Road between Fourth Street and Mandela Road as well as the intersection at Pine Lodge comprises an asphalt wearing course placed over all four lanes and is expected to be done by the first week of October.

As work will be done one lane at a time, no rerouting is expected. However, due to slower one-lane traffic in this area, delays should be expected all over the system and especially routes servicing the eastern parts of town. Passengers are advised to allow more time for their bus trips during this time, especially during peak hours.

Bus stops temporarily closed
Affected bus stops on the lane under construction will be closed for short periods at a time and temporary stops will be erected in close proximity for passengers’ convenience. The two bus stops in Knysna Road which will be affected intermittently are 709 Fourth B in front of PnP, in the direction towards the Garden Route Mall from the CBD, and 706 Saasveld, in the direction towards the CBD from the Garden Route Mall. Posters informing passengers about the situation are being erected at these stops.

GO GEORGE apologises for the inconvenience and appeals to road users to be patient and exercise caution near roadworks and bus stops.

GO GEORGE PAS AAN VIR OPGRADERINGS IN KNYSNAWEG

Die volgende fase van munisipale padopgraderings in George wat ‘n uitwerking op die GO GEORGE-busdiens sal hê, begin op Maandag 24 Augustus 2020. Hierdie werk aan die padoppervlak tussen Vierdestraat en Mandelaweg asook die kruising by Pine Lodge in Knysnaweg behels ’n asfalt-sluitlaag bo-oor al vier bane en sal na verwagting teen die eerste week in Oktober voltooi wees.
Aangesien die werk in een laan op ’n keer gedoen sal word, word geen herleiding van roetes verwag nie. Weens stadiger enkelbaan-verkeer moet vertragings egter te wagte wees oor die hele stelsel en veral op roetes wat die oostelike dele van die dorp bedien. Passasiers word aangeraai om meer tyd toe te laat vir hul busritte, veral gedurende spitstyd.

Bushaltes tydelik gesluit
Bushaltes wat hierdeur geraak word, sal vir kort periodes op ’n keer gesluit word en tydelike bushaltes vir passasiers se gerief sal in die nabye omgewing opgerig word. Bushaltes in Knysnaweg wat met tussenposes geraak sal word is 709 Fourth B voor PnP, in die rigting van die Garden Route Mall uit die middedorp, en 706 Saasveld, in die rigting van die middedorp vanaf die Garden Route Mall. Plakkate wat passasiers bedag maak op die situasie word by hierdie bushaltes aangebring.

GO GEORGE maak verskoning vir die ongerief en doen ’n beroep op padgebruikers om geduldig en versigtig te wees naby die konstruksiegebied en bushaltes.