Skip to content Skip to left sidebar Skip to right sidebar Skip to footer

Outeniqua Marathon op hande en George Munisipaliteit borg R50 000

Outeniqua Marathon op hande en George Munisipaliteit borg R50 000

Issued by George Municipality 25 April 2022

 

Caption: George se Uitvoerende Burgemeester, Rdh Leon van Wyk (regs) oorhandig ‘n tjek van R50 000 aan Duppie du Preez, President van Outeniqua Harriers ten bate van die jaarlikse Outeniqua Marathon wat die naweek plaasvind.

 

George se Uitvoerende Burgemeester, Rdh Leon van Wyk het ‘n bielie van ‘n tjek van R50 000 ten bate van die Outeniqua Marathon die eerskomende naweek oorhandig.

Duppie du Preez, President van Outeniqua Harriers, het die tjek in ontvangs geneem. Outeniqua Harriers bied jaarliks die marathon aan en word gebord deur die Munisipaliteit en ander borge. Die marathon vind plaas Saterdag, 30 April 2022. Volgens Du Preez word dié wedloop beskou as een van die heel mooiste wedlope in Suid-Afrika en vind al meer as 30 jaar plaas.

 

Die wedloop bestaan uit die drie sub-wedlope.

Die 42,2km marathon begin by die George Sportklub om 07h00. ‘n

Gedeelte van die marathon beweeg om die Tuinroete dam verby die Nelson Mandela Universiteit op met die Sewe Passe na Whitesweg, waarna die hardlopers ‘n asemrowende uitsig op die see en Wildernis-mere het wat voor hulle lê, voordat dit eindig by die Commonage.

Die halwe mararthon,  21,1km begin by die Tuinroete Dam om 08h00  en die 10km wedloop begin by die Wilderness Commonage om 08h00. Al die wedlope eindig by die Wilderness Commonage (die oop vlak oorkant die Wilderness Hotel).

 

Inskrywings kan nog Vrydagaand vanaf 16h00 tot 21h00 by die George Sportklub , Langenhovenweg gedoen word.

 

Vir navrae bel vir Eileen de Jager 084 404 2695 of Esme Boshoff by 084 499 7753.