Skip to content Skip to left sidebar Skip to right sidebar Skip to footer

GM Notice No: 018/2021 Transfer of Minor Road No. 6887 (Glenwood Avenue)

GEORGE MUNICIPALITY NOTICE NO: 018/2021

TRANSFER OF MINOR ROAD No. 6887 (GLENWOOD AVENUE)  TO GEORGE MUNICIPALITY

Notice is hereby given, that it is the intension of the Provincial Road Authority to deregister (close) Minor Road No. 6887 (Glenwood Avenue) as a Provincial Road so that it can be registered it as a Municipal Public Road. The purpose is thus only to transfer the authority over and responsibility for the road from the Provincial Government Western Cape to the George Municipality.

Any objection(s) and/or comment(s) with full reasons therefore and how their interests are affected, should be lodged in writing via email to the responsible Official  (Ricus Fivaz – Jmfivaz@george.gov.za) or if no email facility is available, via SMS to the cellphone number of the said Official (only provided on request), on or before  13 December 2021, quoting the notice number, your property description, physical address and full contact details (email and telephone) of the person or body submitting the objection/comment, without which the Municipality cannot correspond with the said person/body.

Enquiries or requests for more information may be directed to the Civil Engineering Department on Telephone: 044 801 9350 or email the responsible Official (Ricus Fivaz – Jmfivaz@george.gov.za). The notice will also be available, on the Municipal Website (https://www.george.gov.za/george-documents/land-use-applications/land-use-submissions) for 30 days.  Any comments received after the aforementioned closing date may be disregarded.

———————————————————————————————————

MUNISIPALITEIT GEORGE KENNISGEWING NR: 018/2021

OORDRAG VAN ONDERGESKIKTE PAD Nr. 6887 (GLENWOODLAAN) NA GEORGE MUNISIPALITEIT

Kennis word hiermee gegee dat dit die voorneme is van die Provinsiale Padoewerheid om Ondergeskikte Pad Nr. 6887 (Glenwoodlaan) as ‘n Provinsiale Pad te deregistreer (sluit), sodat dit as ‘n Munisipale Publieke Pad geregistreer kan word. Die doel is dus slegs om die gesag oor- en verantwoordelikheid vir die pad vanaf die Provinsiale Regering Weskaap na die George Munisipaliteit oor te dra.

Enige beswaar(s) en/of kommentaar(s) met volledige redes en hoe hul belange geraak word, moet skriftelik per e-pos aan die verantwoordelike Beampte (Ricus Fivaz – rfivaz@george.gov.za) gerig word of indien geen e-pos fasiliteit beskikbaar is nie, per SMS na die selfoonnommer van die genoemde Beampte (slegs verskaf op aanvraag) voor of op 13 Desember 2021, met vermelding van die kennisgewingnommer, u eiendomsbeskrywing, fisiese adres en volledige kontakbesonderhede (e-pos en telefoon) van die persoon of liggaam wat die beswaar/kommentaar indien, waarsonder die Munisipaliteit nie met genoemde persoon/liggaam kan korrespondeer nie.

Navrae of versoeke vir meer inligting kan gerig word aan die Siviele Ingenieurswese Departement op Telefoon: 044 801 9350 of per e-pos gestuur word aan die verantwoordelike Beampte (Ricus Fivas – rfivaz@george.gov.za). Die kennisgewing sal ook vir 30 dae op die Munisipale Webwerf(https://www.george.gov.za/george-documents/land-use-applications/land-use-submissions) beskikbaar wees. Enige kommentaar wat na die voormelde sluitingsdatum ontvang word, mag dalk buite rekening gelaat word.