Skip to content Skip to left sidebar Skip to right sidebar Skip to footer

Treasure that Smart Card – it’s your key to travelling on the bus

When GO GEORGE introduced the Smart Card system in 2018, the concept of tapping or scanning a card to board a bus was new to most of the passengers using the bus service.

Today, it is second nature, with just under 120 000 cards sold to date.
However, this figure is far more than the number of passengers using the bus service, and can be partly attributed to cards getting damaged and being replaced.

Sensitive technology
A smart card is essentially a plastic card with various technology embedded that allow the card to be “tapped” and read when presented to the different devices (top-up vendor device, kiosk device and on-bus card reader). When the card is in working order, this allows the passenger to see how many trips are left on the card and subtracts one trip from the balance when scanned on the bus.
When the card gets damaged, the different devices will not be able to read the card and it won’t scan at all. This is frustrating and necessitates a visit to one of the GO GEORGE Smart Card Kiosks where a diagnostic test is done to determine the issue.

Prevent damage to card
There are simple ways to minimise the risk of damage to a smart card. This will not only prevent passengers from being inconvenienced when boarding a bus at the last minute, just to find out their card is not working, but will also cut out the unnecessary cost of buying a new card.
• Keep the card – along with all other cards – protected in a wallet or cardholder to avoid possible damage from other pocket or purse items.
• Always keep the card straight and never bend it.
• Coming into contact with refrigerator magnets, clasps on wallets, and magnets on the back of tape measures and flashlights can demagnetize a card.
• When you place your card in your wallet, be sure not to rub it up against the metal clasp and place it as far away from it as possible.
• Protect the card from direct heat, open flames, etc.
• Make sure that it doesn’t land in the laundry with your clothes.
• Keep in mind that it is made of plastic – anything that damages plastic, can damage the card.
• In essence, the GO GEORGE Smart Card should be treated like a bank card.

Check expiry date
Like any other smart card and bank card, the GO GEORGE Smart Card is valid for five years. After that, you will need to buy a new card, or use another valid card in your possession which will save you money. Keep an eye on your card’s expiry date and make sure you don’t get caught unawares.
The expiry date is printed on the front of the card for ease of reference. Use an alternative card if you have one, or buy your new card at R35 from any GO GEORGE Smart Card kiosk. Remaining trips on the expiring card will be transferred to the new card, or whichever existing card you choose to use.

********************************************************************

Koester daardie slimkaart – dis jou sleutel om bus te ry
Toe GO GEORGE die slimkaartstelsel in 2018 bekendgestel het, was die konsep om ‘n kaart te tik of te skandeer om in ‘n bus te klim, nuut vir die meeste passasiers wat die busdiens gebruik. Vandag is dit tweede natuur, met bykans 120 000 kaarte wat tot dusver verkoop is.
Hierdie syfer is egter veel meer as die aantal passasiers wat die busdiens gebruik, en kan deels toegeskryf word aan kaarte wat beskadig word en vervang word.

Sensitiewe tegnologie
‘n Slimkaart is in wese ‘n plastiek kaart met verskillende tegnologie ingebed waarmee die kaart “getik” en gelees kan word wanneer dit aan die verskillende toestelle aangebied word (ritverkoper se toestel, kiosktoestel en die kaartleser op die bus).
As die kaart in ‘n werkende toestand is, stel dit die passasier in staat om te sien hoeveel ritte op die kaart oorbly en trek een rit van die balans af wanneer dit op die bus geskandeer word die verskillende toestelle nie die kaart lees nie en sal dit glad nie skandeer nie. Dit is frustrerend en noodsaak ‘n besoek aan een van die GO GEORGE Slimkaartkiosks waar ‘n diagnostiese toets gedoen word om die probleem te bepaal.

Voorkom skade aan kaart
Daar is eenvoudige maniere om die risiko van skade aan ‘n slimkaart te verminder. Dit sal nie net verhoed dat passasiers verontrief word as hulle op die laaste oomblik op ‘n bus klim, net om uit te vind dat hul kaart nie werk nie, maar sal ook die onnodige koste om ‘n nuwe kaart te koop, verhoed.

• Hou die kaart – saam met alle ander kaarte – beskut in ‘n beursie of kaarthouer om moontlike skade deur ander sak- of beursie-items te voorkom.
• Hou die kaart altyd reguit en moet dit nooit buig nie.
• Kontak met yskasmagnete, klampe op beursies en magnete aan die agterkant van maatbande en flitsligte kan ‘n kaart demagnetiseer.
• As jy jou kaart in jou beursie plaas, verhoed dat dit teen die metaalknip skuur en plaas dit so ver as moontlik daarvan.
• Beskerm die kaart teen direkte hitte, oop vlamme, ens.
• Maak seker dat dit nie saam met jou klere in die wasgoed beland nie.
• Hou in gedagte dat dit van plastiek gemaak is – enigiets wat plastiek beskadig, kan die kaart beskadig.
• In wese moet die GO GEORGE Slimkaart soos ‘n bankkaart hanteer word.

Gaan vervaldatum na
Soos enige ander slimkaart en bankkaart, is die GO GEORGE Slimkaart vir ’n bepaalde tyd geldig. Ná vyf jaar moet jy ‘n nuwe GO GEORGE-slimkaart koop, of ‘n ander geldige kaart in jou besit gebruik wat jou geld sal spaar. Hou jou kaart se vervaldatum dop en maak seker jy word nie onverhoeds betrap nie.
Die vervaldatum is voorop die kaart gedruk. Gebruik ‘n alternatiewe kaart as jy een het, of koop jou nuwe kaart teen R35 by enige GO GEORGE-slimkaartkiosk. Oorblywende ritte op die kaart wat verval, sal na die nuwe kaart oorgedra word, of na watter bestaande kaart jy ook al kies om te gebruik.

ONDERSKRIF:
Een van die moenies in die versorging van jou slimkaart, is om dit nie in die wasmasjien te laat beland nie.