Skip to content Skip to left sidebar Skip to right sidebar Skip to footer

Notice Archive

Erf 1062, Blanco, c/o Soeteweide- and Bergvliet Road – Land Use Application Advert

LAND USE APPLICATION ADVERTISEMENT GEORGE MUNICIPALITY
Application: Subdivision and Removal of Title Deed – Restrictive Conditions
Erf 1062, Blanco, c/o Soeteweide- and Bergvliet Road

Notice is hereby given in terms of Section 45 of the George Land Use Planning By-Law, 2015 that the undermentioned application has been received on Erf 1062, Blanco in the Division George, West Cape Province by the George Local Municipality, Directorate: Planning and Development.

Any objection(s) and/or comment(s) with full reasons therefore and how their interests are affected, should be lodged in writing via e-mail to the responsible Administrative Officer: Primrose Nako 044 801 9416, email address: pnako@george.gov.za or, if no email facility is available, via SMS to the cellphone number of the said Official (only provided on request) and/or to the applicant, in terms of Section 50 of the George Land Use Planning By- Law, 2015, on/ or before 13 December 2021 quoting the application erf number, your property description, physical address and full contact details (email and telephone) of the person or body submitting the objection/ comment, without which the Municipality/applicant cannot correspond with said person/body. Enquiries or requests for more information on the application may be directed to the Town Planning Department on Telephone: 044 801 9477 or emailed to the responsible Administrative Officer: (Name of Official and e-mail address above) or the Applicant (details below). The application will also be available, on the Municipal Website https://www.george.gov.za/george-documents/land-use-applications/land-use-submissions for 30 days. Any comments/ objection received after the above-mentioned closing date may be disregarded.

Property Description: Erf 1062, c/o Soeteweide- and Bergvliet Road, Blanco in die Division George, West Cape Province

Applicant Details: Pieter Brown: pieterdesigncentre@gmail.com (on behalf of Jacoba Wilhelmina Volschenk) – Collab no.: 2062286

Nature of Application: Subdivision- and Removal of Restrictive Conditions – Erf 1062, c/o Soeteweide- and Bergvliet Road

———————————————————————————————————-

GRONDGEBRUIKAANSOEK ADVERTENSIE – GEORGE MUNISIPALITEIT
Aansoek: Onderverdeling en Opheffing van Beperkende Titelaktevoorwaardes
Erf 1062, Blanco, h/v Soeteweide- en Bergvlietweg

Kragtens Artikel 45 van die George Munisipaliteit se Verordening op Munisipale Grondgebruiksbeplanning, 2015 word hiermee kennis gegee dat die onderstaande aansoek ontvang is op Erf 1062, Blanco in die Afdeling George, Weskaap Provinsie deur die George Plaaslike Munisipaliteit, Direktoraat Beplanning en Ontwikkeling.

Enige besware en/of kommentare, insluitend die volledige redes daarvoor en `n verduideliking van hoe die person se belange geraak word deur die aansoek, moet skriftelike ingedien word per e-pos by die relevante Administratiewe Beampte: Primrose Nako 044 801 9416 eposadres: pnako@george.gov.za , of as geen e-pos fasiliteit beskikbaar is nie, per SMS na die selfoon nommer van genoemde Amptenaar (slegs beskikbaar op versoek) en/of by die applikant, in terme van Artikel 50 van die George Munisipaliteit se Verordening op Munisipale Grondgebruikbeplanning, 2015 op/ of voor 13 Desember 2021 met verwysing na die eiendomsbeskrywing relevant tot die aansoek, eiendomsbeskrywing en fisiese adres en volledige kontak besonderhede (e-pos adres en telefoon nommer) van die persoon of liggaam wat die beswaar/kommentaar indien, waarsonder die Munisipaliteit nie kan korrespondeer met die persoon/liggaam wat die beswaar(e) en/of kommentaar ingedien het nie. Navrae of verdere inligting ten opsigte van die aansoek kan gerig word aan die Stadsbeplannings Departement by Telefoon: 044 801 9477 of deur `n e-pos te rig aan die verantwoordelike Administratiewe Beampte (kontak besonderhede bo) of deur die applikant te kontak (kontak besonderhede onderaan). Die aansoek sal ook beskikbaar wees op die Munisipale webtuiste https://www.george.gov.za/george-documents/land-use-applications/land-use-submissions vir 30 dae.

Enige kommentare/ besware wat na die voorgemelde sluitings datum ontvang word, mag moontlik nie in ag geneem word nie.

Eiendomsbeskrywing: Erf 1062, h/v Soeteweide- en Bergvlietweg, Blanco in die Afdeling George, Weskaap Provinsie

Besonderhede van Applikant: Pieter Brown: pieterdesigncentre@gmail.com (namens Jacoba Wilhelmina Volschenk) – Collab no.: 2062286

Aard van Aansoek: Onderverdeling- en Opheffing van Beperkende Titelaktevoorwaardes, Erf 1062 Blanco, Soeteweide en Bergvlietweg

Burgemeester’s Brief – 18 Mei 2021

Ek het op Maandag ‘n onderhoud met ‘n joernalis van ‘n rekenmeesters-webblad gehad oor die verhouding tussen rekenmeesters en munisipaliteite en hoe rekenmeesters vir besighede kan help om die ekonomie uit te bou. Die joernalis het toe op ‘n stadium vir my gevra hoe die regmaak van slaggate in George hanteer word.

Ek het toe verduidelik hoe ons Munisipale-App gebruik kan word om klagtes aan te meld tesame met ‘n foto wat aangeheg kan word. Hierdeur kry die klagte dan die nodige aandag. Vir mense buite George is hierdie aksies heel vreemd. Ek vertel toe verder dat elke klagte ‘n verwysingsnommer toegeken word. Elke Vrydag is daar dan ‘n vergadering van die Dienslewerings Moniteringskomitee waar klagtes en hul afhandeling bespreek word. By die vergadering word die meer moeilike probleme bespreek om oplossings te vind.

Hierdie vergadering hanteer enigiets van oorgroeide bosse op erwe of rommel by bushaltes tot straatligte wat buite werking is. Die komitee wat hierdie klagtes hanteer vervul gevolglik ‘n belangrike rol om stelselmagtig toe te sien dat verbeteringe in dienslewering aangebring.

Die voordeel van die Munisipale-App is dat elke klagte wat aangemeld word ‘n verwysingsnommer toegeken word wat dan verseker dat die vordering op die werk opgevolg kan word. Rekord word ook gehou van soortgelyke klagtes wat gedurig plaasvind en gevolglik is dit moontlik om te verdere klagtes aan te spreek.

Die moniteringskomitee is dus deel van die ketting wat met die aanmelding van ‘n klagte op die Munisipale-App begin, waarna die betrokke Direktoraat  die klagte hanteer met die moniteringskomitee wat elke week ‘n oorsigrol speel oor die vordering.

Die Gemeenskaps-Direktoraat is tans baie bedrywig om ons dorp skoon te maak met ongeveer 180 tydelike werkers wat aangestel is. Onwettige stortings vind ook in baie wyke plaas wat ook gedurig aandag kry.

In sommige wyke word voormalige stortingsgronde in groente- of blommetuine omskep deur die gemeenskap wat daar woon. Dit is ‘n aanduiding dat gemeenskappe ‘n verskil kan maak om hul wyke te verbeter.

Ons het onlangs die geleentheid gehad om in Maraiskamp die sosialeverpligtings-projek van Kathaka RAW te gaan besigtig. Hierdie is ‘n projek wat ‘n privaat-maatskappy in samewerking met gemeenskaplede geloods het om te help om herwinbare rommel op te tel en daarna in “skips” te plaas. Die herwinbare goedere word verkoop met die vergoeding wat terugvloei na gemeenskaplede. Die maatskappy se aktiewe betrokkenheid word waardeer en is van groot waarde vir die Munisipaliteit.

Ander maatskappye kan beslis ook ‘n rol speel om toe te sien dat gemeenskappe eienaarskap neem van hul eie gebiede. Vennootskappe tussen die Munisipaliteit en besighede kan moontlik bydra tot die toekenning van speelgrond-toerusting aan gemeenskappe wat self verantwoordelikheid neem om hulle gebiede skoon te hou.