Skip to content Skip to left sidebar Skip to right sidebar Skip to footer

No free bus trips when top-up vendors are offline

No free bus trips when top-up vendors are offline
Issued 20 April 2021

The GO GEORGE Smart Card system allows passengers to manage their travel expenditure and save even more on the already affordable cost of travelling by bus. With good planning, this cashless way of boarding the bus is convenient and in line with Covid-19 safety precautions.

As with any other online business systems such as credit or debit card purchases, technical glitches between the business and the bank do pop up from time to time. GO GEORGE does not have any control over this and strongly advises passengers to top up their cards while they still have trips left. Passengers will not be allowed to board a bus for free only because they could not top up on their way to the bus.

Abuse of system will not be allowed
According to James Robb, GO GEORGE Manager, the initial issue of Pacaltsdorp vendors repeatedly being offline has been addressed through various interventions. “This was a major concern, but we are satisfied that the technical shortcomings brought to our attention have been rectified. Unfortunately, some passengers are now abusing the concessions made at the time, by demanding free trips when they have not topped up in time. The only time when free trips might be considered is when all vendors are offline, and only after verification,” Robb said.

Top up before you run out of trips
For passengers’ convenience and as a way of creating business opportunities, independent businesses are being signed up all over town and in residential areas, acting as Smart Card top-up agents in addition to their main business. Passengers are encouraged to support these local businesses, but they can also top up their cards at any of the fixed or mobile GO GEORGE Smart Card kiosks.

Cheaper the more you buy
Smart Card trips bought in bundles of 10 or more cost R10 per trip, bundles of two to eight trips cost R11 per trip and single trips cost R12. A passenger who uses the bus five days per week, could save up to R88 per month by buying bundles of 10 trips and more, instead of loading one trip at a time.
Trips on the Smart Card never expire, so there is no risk of losing trips, even if you don’t travel by bus regularly.
For more information about the bus service, your nearest top-up vendor or the mobile kiosk schedule, please phone the GO GEORGE Call Centre on 0800 044 044.

CAPTION:
Pacaltsdorp has the highest concentration of top-up vendors with numerous alternatives for passengers wanting to top up when a chosen vendor is offline.

Geen gratis busritte wanneer herlaaipunte van lyn af is nie
Uitgereik 20 April 2021

Die GO GEORGE Slimkaartstelsel laat passasiers toe om hul vervoeruitgawes te bestuur en selfs nog meer te bespaar op die reeds bekostigbare koste om per bus te reis. Met goeie beplanning is hierdie kontantlose manier om op die bus te klim gerieflik én in ooreenstemming met Covid-19-veiligheidsvoorsorgmaatreëls.
Soos met enige ander aanlyn-besigheidstelsels soos krediet- of debietkaartaankope, kom tegniese foute tussen die onderneming en die bank wel van tyd tot tyd voor. GO GEORGE het geen beheer hieroor nie en raai passasiers sterk aan om hul kaarte te herlaai voordat alle ritte opgebruik is. Passasiers sal nie toegelaat word om gratis op ‘n bus te klim net omdat hulle nie op pad na die bus kon herlaai nie.

Misbruik van stelsel sal nie toegelaat word nie
Volgens James Robb, GO GEORGE-bestuurder, is die aanvanklike probleem van herlaaipunte in Pacaltsdorp wat herhaaldelik van lyn af was, aangespreek deur verskeie ingrypings. “Dit was ‘n groot bron van kommer, maar ons is tevrede dat die tegniese tekortkominge wat onder ons aandag gebring is, reggestel is. Ongelukkig misbruik sommige passasiers nou die toegewings wat destyds gemaak is deur gratis ritte te eis wanneer hulle nie betyds herlaai het nie. Die enigste keer wanneer gratis ritte oorweeg mag word, is wanneer alle verkopers van lyn af is, en eers ná verifikasie,” het Robb gesê.

Herlaai voordat jou ritte op is
Vir passasiers se gerief en as ‘n manier om sakegeleenthede te skep, word onafhanklike besighede regoor die dorp en in woongebiede geregistreer om as Slimkaartherlaai-agente op te tree, bykomend tot hul hoofbesigheid. Passasiers word aangemoedig om hierdie plaaslike besighede te ondersteun, maar hulle kan ook hul kaarte by enige van die vaste of mobile

GO GEORGE Slimkaartkiosks herlaai.
Goedkoper hoe meer jy koop
Slimkaartritte wat in bondels van 10 of meer gekoop word, kos R10 per rit, bondels van twee tot agt ritte kos R11 per rit en enkelritte kos R12. ‘n Passasier wat die bus vyf dae per week gebruik, kan tot R88 per maand bespaar deur bondels van 10 ritte en meer te koop, in plaas daarvan om een rit op ‘n slag te laai.
Ritte op die Slimkaart verval nooit nie, so daar is geen risiko om ritte te verloor nie, selfs al ry jy nie gereeld bus nie.
Vir meer inligting oor die busdiens, jou naaste herlaaipunt of die mobiele kiosk se skedule, skakel gerus die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044.

Byskrif:
Pacaltsdorp het die hoogste konsentrasie herlaaipunte met talle alternatiewe vir passasiers wat wil herlaai wanneer ‘n gekose onderneming van lyn af is.