Skip to content Skip to left sidebar Skip to right sidebar Skip to footer

GO GEORGE surveyors spreading out to neighbourhoods

PRESS RELEASE: GO GEORGE surveyors spreading out to neighbourhoods
Issued 2 November 2021

The 2021 George Integrated Public Transport Network (GIPTN) Macro-, Transport- and Socio-Economic Study is well under way with surveyors also spreading out to individual households across various suburbs in George, Wilderness and surrounding areas from this week.

Passenger travel surveys at GO GEORGE bus stops, business surveys and special interest group surveys are being carried out primarily through telephonic and personal interviews as well as distribution of electronic questionnaires.

Safe access to surveyors
Surveyors will be wearing GO GEORGE-branded identification cards showing the person’s photo and ID number. An appeal is made to residents to allow certified surveyors safe access to their property and to assist with the valuable feedback needed to continuously assess and improve the bus service.

For more information or enquiries, the GO GEORGE Call Centre can be phoned on 0800 044 044.

CAPTION:
Surveyors approaching individuals or visiting households in the George area are carrying GO GEORGE-branded identification cards. Algerchen Hendricks (left) from Conville was happy to give a few minutes of his time to answer surveyor Mauchan Koelman’s questions.

PERSVERKLARING: GO GEORGE-navorsingsbeamptes versprei na woonbuurte
Uitgereik 2 November 2021

Die 2021 makro-, vervoer- en sosio-ekonomiese studie van die George Geïntegreerde Openbare Vervoernetwerk (GIPTN) is goed op dreef met navorsingsbeamptes wat ook vanaf hierdie week individuele huishoudings in verskeie woonbuurte in George, Wildernis en omliggende gebiede sal besoek.

Passasiersopnames by GO GEORGE-bushaltes, besigheidsopnames en spesiale belangegroep-opnames word hoofsaaklik uitgevoer deur telefoniese en persoonlike onderhoude asook die verspreiding van elektroniese vraelyste.

Veilige toegang vir beamptes
Navorsingsbeamptes sal GO GEORGE- identifikasiekaarte met die persoon se foto- en ID-nommer dra. ‘n Beroep word op inwoners gedoen om gesertifiseerde beamptes veilige toegang tot hul eiendom te gee en om te help met die waardevolle terugvoer wat nodig is om die busdiens deurlopend te assesseer en te verbeter.

Vir meer inligting of navrae kan die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044 044 gebel word.

BYSKRIF:
Navorsingsbeamptes wat individue nader of huishoudings in die George-gebied besoek, dra GO GEORGE-identifikasiekaarte. Algerchen Hendricks (links) van Conville het met graagte ‘n paar minute van sy tyd afgestaan om Mauchan Koelman se vrae te beantwoord.

PERSVERKLARING: GO GEORGE-navorsingstudie om ekonomiese impak van busdiens te meet
Uitgereik 11 Oktober 2021

‘n Onafhanklike studie onder die gesamentlike vaandel van die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke en die George-munisipaliteit sal volgende week van stapel gestuur word met die doel om die algehele ekonomiese impak van die implementering van die GO GEORGE-busdiens in George te bepaal en te meet.

Die 2021 makro-, vervoer- en sosio-ekonomiese studie van die George Geïntegreerde Openbare Vervoernetwerk (GIPTN) sal van Oktober 2021 tot Mei 2022 in George uitgevoer word.

Makro-, vervoer- en sosio-ekonomiese impak gemeet
Die algehele impak sal gemeet word in drie hoofareas, naamlik makro-ekonomiese, vervoer-ekonomiese en sosio-ekonomiese impak. Verskeie opnames sal oor ‘n tydperk van twee maande gedoen word, van 18 Oktober 2021 tot middel Desember 2021.

George-inwoners sal genader word vir terugvoer deur middel van die volgende vier opnames:
• Passasiersopnames wat by GO GEORGE-bushaltes oor die netwerk van roetes uitgevoer sal word;
• Huishoudelike opnames, wat deur-tot-deur by individuele huishoudings oor verskeie voorstede in George, Wildernis en omliggende gebiede uitgevoer sal word;
• Besigheidsopnames (bv. algemene besighede, GIPTN-diensverskaffers sowel as besighede by oorklimplekke rondom die groter besigheidskern) wat hoofsaaklik deur telefoniese en persoonlike onderhoude uitgevoer sal word;
• Spesiale belangegroep-opnames (bv. gebruikers met spesiale behoeftes en spesifieke belangegroepe), wat hoofsaaklik uitgevoer sal word deur telefoniese en persoonlike onderhoude asook die verspreiding van elektroniese vraelyste.

Navorsingsbeamptes maklik om te identifiseer
Navorsingsbeamptes sal GO GEORGE- identifikasiekaarte met die persoon se foto- en ID-nommer dra. ‘n Beroep word op die George-gemeenskap gedoen om vyf minute af te staan wanneer hulle genader word en te help met die waardevolle terugvoer wat slegs bekombaar is van diegene wat die busdiens gebruik, of op een of ander manier deur die busdiens se bedrywighede geraak word.

Data wat deur die studie verkry word, sal opgeteken en ontleed word vanaf middel November 2021 tot April 2022, met finale resultate, gevolgtrekkings en verslae wat aan die einde van Mei 2022 voltooi moet word.

Vir meer inligting of navrae kan die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044 044 gebel word.

BYSKRIF:
Navorsingsbeamptes wat individue nader of huishoudings in die George-omgewing besoek, sal identifikasiekaarte dra. Hier werk Siphiwo Mathys deur ‘n vraelys met Patience Tisani, ‘n passasier wat in Thembalethu woon.