Skip to content Skip to left sidebar Skip to right sidebar Skip to footer

GO GEORGE putting dustbins on trial

GO GEORGE toets nuwe vullisblikke Uitgereik Vrydag 21 Jan 2022

Verbygangers mag verbaas wees oor die oënskynlike oormaat vullisblikke by sommige bushaltes in die dorp, met geen vullisdromme by die res van die bushaltes nie. Daar is ‘n eenvoudige verduideliking: GO GEORGE toets tans drie soorte vullisdromme wat uit verskillende materiale vervaardig is om te bepaal wat op die lange duur die doeltreffendste sal wees.
Die vorige blou vullisdromme wat aan bushaltepale geheg was, is beskadig en in so ‘n mate gevandaliseer dat dit verwyder moes word.Om duursaamheid en volhoubaarheid te verseker, en om onderhoudskoste as gevolg van slytasie en vandalisme te verminder, is besluit om ‘n proefneming op vier verskillende plekke te doen en om dit oor ‘n tydperk van drie maande te monitor, waarna ‘n ingeligte besluit geneem kan word oor watter tipe die mees geskikte is vir oprigting by bushaltes.

Die metaal-, plastiek- en betonhouers kan gesien word by die Blanco-driehoek, George-vervoerkern (Transport Hub) in Cradockstraat, en die Beach/Panther- en Fourways-oorklimhaltes, wat almal hoë passasiersvolumes dra en ‘n aanduiding sal gee van die duursaamheid van die verskillende dromtipes.

GO GEORGE ly jaarliks groot verliese as gevolg van vandalisme van infrastruktuur en voertuie en sal hul fokus op hierdie kwessie verskerp met ‘n hoogs sigbare anti-vandalismeveldtog gedurende die komende maande.

Die gemeenskap word versoek om enige voorvalle van vandalisme aan te meld, hetsy klipgooiery of die verniel van skuilings of enige ander infrastruktuurelemente. Die publiek kan die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044 skakel, verkieslik terwyl die skuldiges nog op die toneel is sodat hulle aangekeer kan word.

BYSKRIF (3 foto’s): GO GEORGE toets tans drie soorte vullisdromme wat uit verskillende materiale vervaardig is – beton, plastiek en metaal – om te bepaal wat op die lange duur die beste sal wees.

GO GEORGE putting dustbins on trial Friday 21 Jan 2022

Passers-by might be puzzled by the apparent overkill of three dustbins at some bus stops in town, and none at the rest of the stops. There is a simple explanation: GO GEORGE is currently testing three types of dustbins manufactured from different materials to determine which will be most effective in the long run. The previous blue dustbins attached to bus stop poles were damaged and vandalised to such an extent that they had to be removed.

To ensure durability and sustainability, and to minimise maintenance costs due to wear and tear and vandalism, it was decided to undergo a trial period at four different locations, and to monitor these over a three-month period, after which an informed decision can be made as to which type is best suited for roll-out at bus stops.

The metal, plastic and concrete bins can be seen at the Blanco Triangle, Transport Hub in Cradock Street, and the Beach/Panther and Fourways transfer stops, all of them being stops with high passenger volumes which should give an indication of the durability of the various bin types.

Suffering huge losses annually due to vandalism of its infrastructure and vehicles, GO GEORGE will also be sharpening their focus on this issue with a highly visible anti-vandalism campaign during the coming months.

The community is requested to report any incidences of vandalism, be that stone throwing, defacing of shelters or any other infrastructure elements. They can phone the GO GEORGE Call Centre on 0800 044 044, preferably while the culprits are still on the scene so that they may be apprehended.

CAPTION (3 photos): GO GEORGE is currently testing three types of dustbins manufactured from different materials – concrete, plastic and metal – to determine which will be most durable in the long run.

GO GEORGE toets nuwe vullisblikkeUitgereik Vrydag 21 Jan 2022