Skip to content Skip to left sidebar Skip to right sidebar Skip to footer

GO GEORGE ADJUSTING FOR NEXT PHASE OF MARKET STREET UPGRADE

Issued Tuesday 1 Feb 2022

The next phase of roadworks in the upgrading of Market Street in the city centre is requiring adjustments that will affect the Pacaltsdorp routes of the GO GEORGE bus service. Work on the section of Market Street between Cradock and Mitchell Streets will commence on Friday 4 February, and should be completed by 18 March 2022, weather permitting.

Temporary move of Mispel bus stops

The three Mispel bus stops in Market Street where Pacaltsdorp passengers disembark, will temporarily be moved one block closer to York Street, between Cradock and Meade Streets. The temporary stops will be clearly demarcated and GO GEORGE Champions will initially be in the area to guide passengers.

PERSVERKLARING: GO GEORGE PAS AAN VIR VOLGENDE FASE VAN MARKSTRAAT-OPGRADERING

Uitgereik Dinsdag 1 Feb 2022

Die volgende fase van padwerk in die opgradering van Markstraat in die middedorp vereis aanpassings wat die Pacaltsdorp-roetes van die GO GEORGE-busdiens sal beïnvloed. Werk aan die gedeelte van Markstraat tussen Cradock- en Mitchellstraat sal op Vrydag 4 Februarie begin en behoort teen 18 Maart 2022 voltooi te wees indien die weer saamspeel.

Tydelike skuif van Mispel-bushaltes

Die drie Mispel-bushaltes in Markstraat waar Pacaltsdorp-passasiers afklim, sal tydelik een blok nader aan Yorkstraat, tussen Cradock- en Meadestraat, verskuif word. Die tydelike haltes sal duidelik afgebaken word en GO GEORGE-passasiersdiensbeamptes sal aanvanklik in die gebied wees om passasiers by te staan.