Skip to content Skip to left sidebar Skip to right sidebar Skip to footer

George Munisipaliteit en NSRI span saam om verdrinkings te voorkom

George Munisipaliteit en NSRI span saam om verdrinkings te voorkom

Issued by George Mun 31 May 2022, for immediate release

 

George Munisipaliteit en die NSRI het vir die afgelope jaar en ‘n half in samewerking met Conville Primêr ‘n swem oorlewingsprogram gehou, om verdrinking te voorkom.

Luidens statistieke van die NSRI, verdrink ongeveer 1484 mense elke jaar in Suid-Afrika, 450 daarvan is kinders en nog meer word gestremd gelaat as gevolg van ‘n nie-fatale verdrinking.

Volgens Caville Abrahams, van NSRI, maak dit ‘n mens van vooraf bewus van die groot gevaar wat water inhou – ongeag van ouderom en ervaring , jy moet ten alle tye versigtig wees wanneer jy naby water is!

Die doel van die program is om kinders wat geen swemervaring of glad nie kan swem nie, te leer om hulself te help wanneer hulle in gevaar is, naby of in die water. Die program is ook daarop gemik om kinders gemaklik te maak rondom water. Indien ‘n kind per ongeluk in die water val, hy/sy hulself uit die moeilikheid help.

Volgens Abrahams bestaan die program uit vier kategorieё naamlik: Asembeheer,  Orientasie, Dryf en beweging na veiligheid.

As al hierdie komponte saamgevoeg word en suksesvol aangeleer is kan die student vir meer as 5 meter tot by veiligheid beweeg of hom/haar self bo die water hou tot dat hulp kom om te help.

 

Die program is in 13 lesplanne opgedeel en daar is alreeds 48 studente wat deel uitgemaak het van die program, van Oktober 2021 tot Mei 2022. Sewentien van die Conville Primêre Skool het die kursus suksesvol voltooi. George Sportafdeling beoog om meer kinders oor die volgende paar jaar bekend te stel aan die program in verskeie gemeenskappe en skole in George.

Rdl. Brendon Adams, Wyksraadslid van Wyk 17 en Portjefeuljeraadslid van Sport het gesê hy is baie trots om so ‘n program in sy wyk te kan hê. “Dit is fantasties dat hierdie programme in ons voorheen benadeelde gebiede uitgerol word.

Granville Campher, bestuurder: Sport by George Munisipaliteit, sê waterveiligheidsprograme  is hulpmiddels om lewens te help red. “Maar onthou ….’n Kind word nooit verdrinkingbestand nie, hou altyd toesig oor kinders rondom water en skakel onmiddelik 112 rapid response in enige noodgeval.”

Campher het gesê die afdeling is van plan om die voetspoor van water sport in  George te vergroot , sodat ons die gemeenskap kan bemagtig en toegang tot die sport kan uitbrei. Daar is reeds samesprekings aan die gang met verskillende rolspelers om die moontlikheid van ‘n swemklub wat gebasseer is by die Conville Swembad te stig. Hier sal ‘n gulde geleentheid wees om kinders van ‘n jong ouderdom af blootstelling in die sport te gee.

 

Indien jy betrokke wil raak by hierdie projek en as vrywillige wil help, epos Caville by caville@searescue.org.za of besoek

 

 

Captions: swim 1: Die leerders wat almal die swem oorlewingskursus by die George swembad in Conville suksesvol voltooi het, met Caville Abrahams (NSRI) en Leveinia Botha (voor) asook Granville Campher, Bestuurder van Sport: George Munisipaliteit, Allen Paulse, Direkteur: Gemeenskapdienste en Wyksraadslid Brendon Adams, Portefeuljeraadslid van Sport na afloop van die program.

 

Swim 2: Van die Conville Primêre Skool leerders wat uitgeblink het in die swem oorlewingskursus by die George swembad in Conville suksesvol voltooi het, is voor van links, Edwardo Jansen, Aden-John Jansen, Timothy Voster en Lenaldo Meyer. Agter hulle staan Carin Potts en Bronwyn Voster. Van links agter is Ainsley Kennedy (NSRI instrukteur), Caville Abrahams (NSRI instrukteur), Wyksraadslid Brendon Adams, Portefeuljeraadslid van Sport, Allen Paulse, Direkteur: Gemeenskapdienste, Granville Campher, Bestuurder van Sport: George Munisipaliteit en Leveinia Botha (Sport).