Skip to content Skip to left sidebar Skip to right sidebar Skip to footer

Dienslewering Uitreik na Uniondale ‘n sukses

Buite die Uniondale-gemeenskapsaal is wyk 24-raadslid, Justin Fry met sy wykskomiteelid Calvin Mongo en wyk 14-raadslid Roelfse, wie ook die portefeuljeraadslid vir Maatskaplike Ontwikkeling (Sport, biblioteke en klantesorg) is.

‘n Besoek hierdie week aan Uniondale deur Uitvoerende Burgemeester Jackie Von Brandis saam met haar Burgemeesterskomiteelede asook munisipale amptenare van elke direktoraat was ‘n reuse sukses met oor die twee honderde lede van die publiek wat deelgeneem het. Rdh Von Brandis het die inwoners wat dit bygewoon het hartlik verwelkom. “Ek is vasbeslote om dienste na al ons landelike gebiede te bring en dit is die eerste van sulke uitreike. Gebeide soos Kleinkrantz, Geelhoutboom, Haarlem, Noll en ander landelike gebiede sal besoek word.

Ons sal die datums en lokale vroegtydig op sosiale media adverteer sodat soveel as moontlik plattelandse inwoners die uitreike kan bywoon.”

Video: Uitvoerende Burgemeester Jackie Von Brandis verwelkom inwoners by die Uniondale Uitreik.

https://youtu.be/Vl4Xdhva7wE

Portefeuljeraadslid vir Finansiële en Strategiese Dienste, Marais Kruger skakel met inwoners oor deernis inligting. Agter hom sit Renaldo Coetzee, Begrotingsbestuurder en Duane Scholtz, Voorsieningskettingbestuurder van die Finansiële Departement