According to a joint announcement by the Western Cape MEC of Mobility, Isaac Sileku, and George Executive Mayor, Alderman Jackie von Brandis, another bus route to Thembalethu will be activated by GO GEORGE on Monday 28 October 2024.
Route 10 Thembalethu – George Industria will be the second route servicing the residents of Thembalethu. R18A rolled out in November last year and connects Thembalethu with Blanco.
According to Minister Sileku, the GO GEORGE network is typical of what can be achieved in public transport development if all partners work together. “I am looking forward to experience the new line and to meet some of the commuters who will benefit from even better public transport opportunities,” he said.
Mayor Von Brandis expressed her delight at this next step in rolling out a comprehensive service to Thembalethu. “The full implementation of the GO GEORGE bus services to our residents of Thembalethu has always been a top priority. It is essential that our residents have access to dignified and reliable transportation in all areas. Although the implementation of the bus services was temporarily hindered by the congestion caused by the N2 bridge construction, residents can be assured that we are fully committed to ensuring that the bus service is operational and available to all who intend to use it,” she said.
Route 10 will start out with a temporary deviation from the planned routing to accommodate roadworks in PW Botha Boulevard. Maps and timetables have been adjusted accordingly and are available on the GO GEORGE website.
Community engagement
The GO GEORGE communications team members are engaging with Thembalethu residents working in the industrial area, explaining the new route to current and future bus users. Any businesses in this area, who would like the team to visit their staff to share route information are welcome to phone the Call Centre with such a request.
The GO GEORGE website, www.gogeorge.org.za, offers valuable information on how to use the system as well as user-friendly features to plan a trip. Contact GO GEORGE by phoning the Call Centre on 0800 044 044 or sending an email to info@gogeorge.org.za, or like the GO GEORGE Facebook page to stay up to date with developments.
GO GEORGE ROL TWEEDE ROETE NA THEMBALETHU UIT
Volgens ‘n gesamentlike aankondiging deur die Wes-Kaapse LUR vir mobiliteit, Isaac Sileku, en George se uitvoerende burgemeester, raadsheer Jackie von Brandis, sal nog ‘n busroete na Thembalethu op Maandag 28 Oktober 2024 deur GO GEORGE geaktiveer word.
Roete 10 Thembalethu – George Industria sal die tweede roete wees wat die inwoners van Thembalethu bedien. R18A is in November verlede jaar uitgerol en verbind Thembalethu met Blanco.
Volgens minister Sileku is die GO GEORGE-netwerk tipies van wat bereik kan word in die ontwikkeling van openbare vervoer as alle vennote saamwerk. “Ek sien uit daarna om die nuwe roete te ervaar en om van die pendelaars te ontmoet wat by nog beter openbarevervoergeleenthede sal baat,” het hy gesê.
Burgemeester Von Brandis het haar vreugde uitgespreek oor hierdie volgende stap in die bekendstelling van ‘n omvattende diens aan Thembalethu. “Die volle implementering van die GO GEORGE-busdienste aan ons inwoners van Thembalethu was nog altyd ‘n topprioriteit. Dit is noodsaaklik dat ons inwoners toegang het tot waardige en betroubare vervoer op alle gebiede. Hoewel die implementering van die busroetes tydelik belemmer is deur die opeenhoping wat deur die N2-brugkonstruksie veroorsaak is, kan inwoners verseker wees dat ons ten volle daartoe verbind is om te verseker dat die busdiens operasioneel en beskikbaar is vir almal wat van plan is om dit te gebruik,” het sy gesê.
Roete 10 sal begin met ‘n tydelike afwyking van die beplande roete om padwerke in PW Botha-boulevard te akkommodeer. Roetekaarte en skedules is dienooreenkomstig aangepas en is beskikbaar op die GO GEORGE-webwerf.
Skakeling met gemeenskap
Die GO GEORGE-kommunikasiespanlede is in gesprek met Thembalethu-inwoners wat in die nywerheidsgebied werk en verduidelik die nuwe roete aan huidige en toekomstige busgebruikers. Enige besighede in hierdie area wat wil hê die span moet hul personeel besoek om roete-inligting te deel, is welkom om die inbelsentrum te skakel met so ‘n versoek.
Die GO GEORGE-webwerf, www.gogeorge.org.za, bied waardevolle inligting oor hoe om die stelsel te gebruik, sowel as gebruikersvriendelike funksies om ‘n reis te beplan. Kontak GO GEORGE deur die inbelsentrum by 0800 044 044 te skakel of ‘n e-pos aan info@gogeorge.org.za te stuur, of volg die GO GEORGE Facebook-blad om op hoogte te bly van verwikkelinge.