Skip to content Skip to left sidebar Skip to right sidebar Skip to footer

GO GEORGE female staff juggling work, family and Covid

GO GEORGE female staff juggling work, family and Covid
Issued 23 Aug 2021

Each August, we celebrate women. We point out their strength, their achievements, their invaluable contributions; in the case of GO GEORGE, often in a so-called “man’s world”.
In August 2020, everybody was still in shock and hoping to beat the virus within a few months. This year, women’s voices sound different. Some talk of hope, of caring, of doing what’s got to be done. Others don’t see light at the end of the tunnel; actually, they don’t see the end of the tunnel.
Unlike previous years when it was interesting and enlightening to sit around a table with a number of female bus drivers, for instance, GO GEORGE now requested feedback from female staff members about their experience of womanhood during the Covid-19 pandemic via a short list of questions.
Most of the women who have responded, work shifts, from as early as 04:30 in the morning, only getting home after 20:00 when they start later. Many are single mothers. Most have a support system for their children’s care, be it a grandmother, neighbour or elder siblings, or husbands when their work hours allow. However, many still need to help children with “lockdown schoolwork” after they get home, on top of daily household duties. Noticeable was how many taught their children who couldn’t attend school for long periods of time, how to carry out essential household chores.
“I just find it sad to tell my children they cannot go play with friends. We try to keep them busy indoors, but it’s not easy, and it’s not good,” one mother said. Without exception, they try to answer their children’s many questions and to keep their hopes up, that life will get better and easier again, that “this too shall pass”.
Many remain positive. “I can’t wait for Covid-19 to get over and done with. I can summarise the past year as me being retrenched by a previous employer, employed again, becoming a promoter of good hygiene, a teacher, infected (asymptomatic), but refusing to get tired, and defined by my desire to be even more!”
Those with younger children struggle from time to time: “2021 is a very hard time for me as I have to leave my kids alone at home because they are doing turns at school and the aftercare is closed due to Covid,” says a mother of two children, aged eight and 12.
Depending on their personal circumstances, some struggle to stay positive. “I don’t see any future anymore, no hope and no dreams. I am worried about my child’s future.”
Apart from one young woman, those interviewed are all mothers, some single, some wives or partners, daughters to their parents, and pillars in their communities.
Stanley Fortuin from George Link says the perseverance and courage to face all the challenges of a bus driver is handled with grace and responsibility by their female drivers. “Although they admit that it is some days harder than others, they still find balance between motherhood, being a wife and their profession. You will seldom hear our ladies complain and we really want to thank every one of them this month, for the incredible contribution they make in their personal lives to their families as well as their vital service to our community.”
“The women working for GO GEORGE are specialists in their respective fields, dedicated workers who keep the wheels of the bus service rolling,” says James Robb, GO GEORGE Manager. “We celebrate, salute and applaud our female staff for their contribution to our service, the way in which they carry out their duties under the most difficult and uncertain circumstances, always going the extra mile. Because every step these days, is a marathon.”
Box:
GO GEORGE asked:
What does it feel like to be a woman in 2021?
• Awesome, challenging, protective yet exciting to be alive.
• Wow, a lot of responsibility, but very happy when I see the appreciation and love in my family’s eyes.
• Sometimes anxious and frustrated by the uncertainty, but then I remember that I can do all things through Christ who strengthens me.
• The love for my child and the need to protect her makes me strong.
• I’m scared for the future of our kids.
• I will always be a rock, no matter what the situation is.

CAPTIONS:
Campions early morning:
The GO GEORGE communication champions start work when it’s still dark and work mostly outdoors, engaging with passengers. Here Dieketseng Mosesane (champions’ supervisor) reminds some learners how to stay safe when using the bus service.
Call Centre agent coming home:
Mandie Bayman is a GO GEORGE Call Centre agent whose early shift starts at 04:30. On such days, four-year-old Raynechia sees her mom for the first time when she welcomes her back home after lunch.

GO GEORGE vroulike personeel balanseer werk, familie en Covid
Uitgereik 23 Aug 2021

Elke jaar in Augustus vier ons vroue. Ons wys op hul krag, hul prestasies, hul waardevolle bydraes; in die geval van GO GEORGE, dikwels in ‘n sogenaamde “manswêreld”.
In Augustus 2020 was almal nog in skok en vol hoop om die virus binne ‘n paar maande te klop. Hierdie jaar klink vroue se stemme anders. Sommige praat van hoop, van omgee, van doen wat gedoen moet word. Ander sien nie lig aan die einde van die tonnel nie; eintlik sien hulle nie die einde van die tonnel nie.
Anders as vorige jare toe dit interessant en insiggewend was om saam met ‘n aantal vroulike busbestuurders om ‘n tafel te sit, het GO GEORGE hierdie jaar via ‘n kort vraelys terugvoer van vroulike personeellede versoek oor hul ervaring van vrouwees tydens die Covid-19-pandemie. vrae.
Die meeste van die vroue wat gereageer het, werk skofte, van so vroeg as 04:30 in die oggend, en kom na 20:00 eers tuis wanneer hulle later in die dag begin. Baie van hulle is enkelmoeders. Die meeste het ‘n ondersteuningstelsel wat hom om hul kinders te versorg, hetsy dit ‘n ouma, buurvrou, ouer broers en susters of hul mans is wanneer hul werksure dit toelaat. Baie moet egter steeds kinders help met “inperking-skoolwerk” nadat hulle by die huis kom, en nog daaglikse huishoudelike pligte ook afhandel. Opvallend was hoeveel van die vroue hul kinders wat vir lang tydperke nie skool kon bywoon nie, geleer het hoe om noodsaaklike huishoudelike take uit te voer.
“Ek vind dit net hartseer om vir my kinders te sê hulle kan nie saam met maats gaan speel nie. Ons probeer om hulle in die huis besig te hou, maar dit is nie maklik nie, en dit is nie goed nie,” het een ma gesê. Sonder uitsondering probeer hulle hul kinders se baie vrae beantwoord en om hul hoop dat die lewe weer beter en makliker sal word, dat “dit ook sal verbygaan” aan die gang te hou.
Baie bly positief. “Ek kan nie wag vir Covid-19 om verby te kom en klaar te kry nie. Ek kan die afgelope jaar opsom as ek wat deur ‘n vorige werkgewer afgelê word, weer in diens geneem word, ‘n promotor van goeie higiëne, ‘n onderwyser, en (asimptomaties) siek word met Covid, maar weier om moeg te word, en steeds gedefinieer word deur my begeerte om selfs meer te wees!”
Diegene met jonger kinders sukkel van tyd tot tyd: “2021 is ‘n baie moeilike tyd vir my, want ek moet my kinders alleen by die huis los omdat hulle beurte maak by die skool en die nasorg is gesluit weens Covid,” sê ‘n ma van twee kinders tussen die ouderdomme van agt en 12.
Afhangende van hul persoonlike omstandighede, sukkel party om positief te bly. “Ek sien geen toekoms meer nie, geen hoop en geen drome nie. Ek is bekommerd oor die toekoms van my kind.”
Afgesien van een jong vrou, is diegene met wie onderhoude gevoer is almal moeders, sommige enkellopend, sommige eggenote of lewensmaats, dogters vir hul ouers en pilare in hul gemeenskappe.
Stanley Fortuin van George Link sê die deursettingsvermoë en moed om al die uitdagings van ‘n busbestuurder die hoof te bied, word met grasie en verantwoordelikheid deur hul vroulike bestuurders hanteer. “Hoewel hulle erken dat dit ‘n paar dae moeiliker is as ander, vind hulle steeds balans tussen moederskap, vrouwees en hul beroep. Jy sal ons dames selde hoor kla en ons wil regtig elkeen van hulle vandeesmaand bedank vir die ongelooflike bydrae in hul persoonlike lewens aan hul families, sowel as hul noodsaaklike diens aan ons gemeenskap.”
“Die vroue wat vir GO GEORGE werk, is spesialiste op hul onderskeie gebiede, toegewyde werkers wat die wiele van die busdiens aan die rol hou,” sê James Robb, GO GEORGE-bestuurder. “Ons vier, salueer en loof ons vroulike personeel vir hul bydrae tot ons diens en die manier waarop hulle hul pligte onder die moeilikste en onsekerste omstandighede uitvoer en altyd die ekstra myl loop. Want deesdae is elke tree ‘n maraton.”

Kassie:
GO GEORGE het gevra:
Hoe voel dit om in 2021 ‘n vrou te wees?
• Wonderlik, uitdagend, beskermend, maar tog opwindend om te lewe.
• Sjoe, baie verantwoordelikheid, maar baie gelukkig wanneer ek die waardering en liefde in my familie se oë sien.
• Soms angstig en gefrustreerd weens die onsekerheid, maar dan onthou ek dat ek alles kan doen deur Christus wat my versterk.
• Die liefde vir my kind en die behoefte om haar te beskerm, maak my sterk.
• Ek is bang vir die toekoms van ons kinders.
• Ek sal altyd ‘n rots wees, maak nie saak wat die situasie is nie.

ONDERSKRIFTE:
Campions early morning:
Die GO GEORGE-passasiersdiensbeamptes begin werk wanneer dit nog donker is en werk meestal buitenshuis om met passasiers te skakel. Hier herinner Dieketseng Mosesane (passasiersdienstoesighouer) ‘n paar leerders hoe om veilig te bly wanneer hulle die busdiens gebruik.
Call Centre agent coming home:
Mandie Bayman is ‘n GO GEORGE-oproepsentrumagent wie se vroeë skof om 04:30 begin. Op sulke dae sien die vierjarige Raynechia haar ma vir die eerste keer wanneer sy haar ná middagete terug van die werk af verwelkom.