GO GEORGE survey to measure socio-economic impact of bus service
Surveyor Ranwin James talks to Aletta Joseph from Blanco about GO GEORGE.
The annual GO GEORGE passenger satisfaction survey will kick off at the beginning of October with easily identifiable surveyors approaching people for input. An appeal is made to the George community to take 20 minutes out when they are approached and to assist with the valuable feedback only obtainable from those who use the bus service or are in some way impacted by its operations.
This annual survey under the joint auspices of the Western Cape Department of Mobility and the Municipality of George aims to determine and measure the overall socio-economic impact of the implementation of the GO GEORGE bus service in George. The results will be compared/ with previous results for benchmarking and planning purposes.
Macro-, transport- and socio-economic impact measured
The overall impact will be measured in three main areas, namely macro-economic, transport-economic and socio-economic impact. Several surveys will be carried out over a two-month period, starting at the beginning of October 2024.
George residents will be approached for feedback by means of the following two surveys:
• Passenger satisfaction surveys, which will be carried out at GO GEORGE bus stops across the operational route network;
• Special-interest group surveys (e.g., users with special needs and specific-interest groups), to be carried out through personal interviews.
Surveyors easily identifiable
Surveyors will be wearing GO GEORGE-branded identification cards showing the person’s photo and ID number.
For more information or enquiries, the GO GEORGE Call Centre can be phoned on 0800 044 044.
*************************************************************************************************
GO GEORGE-opname om sosio-ekonomiese impak van busdiens te meet
Die jaarlikse GO GEORGE-passasierstevredenheidsopname skop aan die begin van Oktober af met maklik identifiseerbare navorsingsbeamptes wat mense sal nader vir insette. ‘n Beroep word op die George-gemeenskap gedoen om 20 minute af te staan wanneer hulle genader word en om te help met die waardevolle terugvoer wat slegs verkry kan word van diegene wat die busdiens gebruik, of op een of ander manier deur sy bedrywighede geraak word.
Hierdie opname onder die gesamentlike vaandel van die Wes-Kaapse departement van mobiliteit en die munisipaliteit van George mik om die algehele sosio-ekonomiese impak van die implementering van die GO GEORGE-busdiens in George te bepaal en te meet. Die resultate sal vergelyk word met vorige uitslae vir prestasiemeting en beplanningsdoeleindes.
Makro-, vervoer- en sosio-ekonomiese impak gemeet
Die algehele impak sal op drie hoofgebiede gemeet word, naamlik makro-ekonomiese, vervoer-ekonomiese en sosio-ekonomiese impak. Verskeie opnames sal oor ‘n tydperk van twee maande gedoen word, met wegspring aan die begin van Oktober 2024.
Inwoners van George sal deur middel van die volgende twee opnames vir terugvoer genader word:
Passasiersopnames, wat by GO GEORGE-bushaltes oor die operasionele roetenetwerk heen gedoen sal word;
Spesiale belangegroep-opnames (byvoorbeeld gebruikers met spesiale behoeftes en spesifieke belangegroepe), wat hoofsaaklik deur persoonlike onderhoude uitgevoer sal word.
Navorsingsbeamptes maklik identifiseerbaar
Navorsingsbeamptes sal GO GEORGE-gemerkte identifikasiekaarte dra wat die persoon se foto en ID-nommer toon.
Vir meer inligting of navrae kan die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044 geskakel word.
BYSKRIF:
Navorsingsbeampte Ranwin James gesels met Aletta Joseph van Blanco oor GO GEORGE.