Skip to content Skip to left sidebar Skip to right sidebar Skip to footer

Uniondale: Waterverkleuring

Uitgereik deur George Munisipaliteit 23 May 2024

Weens onvoorsiene omstandighede is die Uniondale-watersuiweringsaanleg se uitvloeikwaliteit beïnvloed met die ongewone lae rouwaterdamvlakke.

Flokkulant-oordrag is opgemerk en die George Munisipale bedrywighede moes die primêre en sekondêre sedimentasiedamme by die watersuiweringsaanleg skoonmaak. Dit het daartoe gelei dat water met ‘n hoër as normale troebelheid ons drinkwater-opgaarreservoirs binnegekom het, en uiteindelik die waterverspreidingsnetwerk.

George-munisipaliteit kan bevestig dat die water veilig is vir verbruik en die publiek aanraai om die water voor verbruik te kook.

Die instandhouding sal binne die volgende 3 tot 4 uur afgehandel wees waarna die waternetwerk gespoel sal word.

Die waterverkleuring sal oor die volgende paar uur verbeter

’n Watervragmotor sal in die dorpsgebied rondry.