Skip to content Skip to left sidebar Skip to right sidebar Skip to footer

George burgemeester oorhandig R50 000 tjek aan Outeniqua Harriers vir die jaarlikse George Outeniqua Marathon

In die foto hierbo George Burgemeester, Leon van Wyk, oorhandig ‘n tjek van R50 000 ter ondersteuning van die George Outeniqua Marathon aan Duppie du Preez (President: Outeniqua Harriers) en Sakkie Stoffberg (Tesourier: Outeniqua Harriers), die organiseerders van die wedloop.

George Burgemeester, rdh. Leon van Wyk, het ‘n tjek van R50 000 aan die Outeniqua Harriers oorhandig ter ondersteuning van die George Outeniqua Marathon, ‘n gewilde jaarlikse wedloop vir die afgelope 40 jaar, waarvan die George Munisipaliteit ‘n vennoot is.

Volgens Duppie du Preez, President van Outeniqua Harriers, vind die wedloop vanjaar Saterdag 27 April 2024 plaas. Dis ’n belangrike wedloop op die kalender van Atletiek SWD en die marathon van 42,2km dien as die heel laaste Comrades kwalifiserende wedlope.

Du Preez het gesê die George Munisipaliteit is ‘n belangrike vennoot om die wedloop jaarliks n sukses te maak.

Van Wyk het gesê die wedloop is legendaries en dit vind plaas langs die mooiste roetes in die land met uitsigte op die berge, bos en see asook ons Tuinroete dam wat 100% vol is. Die burgemeester het gesê George Munisipaliteit is ’n trotse vennoot in die wedloop en ondersteun die gebeurtenis uit die geleenthede-begroting.

Atlete van oor die hele Suid-Afrika neem deel en die wedloop het in 2023 bykans ‘n 1000 atlete getrek. Hy het gesê hoewel 2024 se wedloop nie oor ‘n langweek plaasvind nie, hoop Outeniqua Harriers steeds dat atlete weer in getalle sal opdaag .

Daar is 3 verskillende wedlope naamlik n 42,2km, 21,1km en ‘n 10km.

Die 42,2km begin by die TRAIL KIOSK in Camphersdrift om 07h00, die 21,1km by die Tuinroetedam om 08h00 en die 10km by die Wilderness Commonage (oop ruimte oorkant die Wilderness Hotel )om 08h00. Al die wedlope word voltooi by die Wilderness Commonage.

Aanlyn Inkrywings vir die wedloop het reeds gesluit ,maar laat inskrywings kan steeds Vrydag middag 26 April 2024 vanaf 16h00 tot 21h00 by die Trail Kiosk gemaak word vir al drie wedlope. Atlete kan nog Saterdagoggend vanaf 07h00 inskryf vir die 10km in Wilderness.

Prysgeld is beskikbaar aan kategorie-wenners en medaljes aan alle atlete wat die wedloop voltooi.

Daar is verskeie gelukkige trekkigs met amper 20 paar skoene van Pivot en Mount CO  asook groot verblyfspryse van Lovain Gasteplaas en ander plaaslike besighede. Vir enige verdere navrae kontak Esme Boshoff by 084 499 7753.