Skip to content Skip to left sidebar Skip to right sidebar Skip to footer

GO GEORGE survey to measure socio-economic impact of bus service

CAPTION: The Western Cape Minister of Mobility, MEC Ricardo Mackenzie, visited the George Transport Hub last week where the feedback report of the 2022 passenger satisfaction survey was handed over to him by James Robb, Acting Public Transport Oversight Official of the George Municipality. On the photo are, from left, Morné Lakay, Acting Manager of GO GEORGE, James Robb, MEC Ricardo Mackenzie, and adv. Recardo Collins, Director, Land Transport Contracts of the Western Cape Department of Mobility.

A passenger satisfaction survey under the joint auspices of the Western Cape Government Department of Mobility and the Municipality of George will be launched shortly, aiming to determine and measure the overall socio-economic impact of the implementation of the GO GEORGE bus service in George.

Macro-, transport- and socio-economic impact measured

The overall impact will be measured in three main areas, namely macro-economic, transport-economic and socio-economic impact. Several surveys will be carried out over a six-week period, starting during the week of 18 September and ending towards the end of October 2023.

George residents will be approached for feedback by means of the following three surveys:

Passenger travel surveys, which will be carried out at GO GEORGE bus stops across the route network;
Business surveys,g., general businesses, as well as businesses and informal traders at transfer locations around the greater CBD which will be carried out primarily through telephonic and personal interviews;
Special Interest Group surveys (e.g., users with special needs and specific-interest groups), to be carried out primarily through telephonic and personal interviews as well as distribution of electronic questionnaires.

During a recent visit to George, the feedback report of the 2022 survey was handed over to the Western Cape Minister of Mobility, MEC Ricardo Mackenzie.

“I am very proud of GO GEORGE, which is a collaboration between Provincial, National and Local Governments that provides commuters with the world-class mobility service they deserve, right here in the Western Cape,” Mackenzie said. “The results of the 2022 passenger satisfaction survey demonstrate that delivering safe, reliable, and affordable public transport is possible. I thank all the passengers who contributed valuable feedback on how they experience GO GEORGE services and I encourage even greater participation in the 2023 survey. These surveys are a key tool for improving operations with an evidence-based approach so that people can get to work and school safely.”

Surveyors easily identifiable

Surveyors will be wearing GO GEORGE-branded identification cards showing the person’s photo and ID number. An appeal is made to the George community to take 10 minutes out when they are approached and to assist with the valuable feedback only obtainable from those who use the bus service or are in some way impacted by its operations.

For more information or enquiries, the GO GEORGE Call Centre can be phoned on 0800 044 044.

***********************************************************************

GO GEORGE-opname om sosio-ekonomiese impak van busdiens te meet

‘n Passasierstevredenheidsopname onder die gesamentlike vaandel van die Wes-Kaapse departement van mobiliteit en die munisipaliteit van George sal binnekort van stapel gestuur word met die doel om die algehele sosio-ekonomiese impak van die implementering van die GO GEORGE-busdiens in George te bepaal en te meet.

Mikro-, vervoer- en sosio-ekonomiese impak gemeet

Die algehele impak sal op drie hoofgebiede gemeet word, naamlik makro-ekonomiese, vervoer-ekonomiese en sosio-ekonomiese impak. Verskeie opnames sal oor ‘n tydperk van ses weke gedoen word, met wegspring gedurende die week van 18 September en afhandeling teen die einde van Oktober 2023.

Inwoners van George sal deur middel van die volgende drie opnames vir terugvoer genader word:

Passasiersopnames, wat by GO GEORGE-bushaltes oor die roetenetwerk heen gedoen sal word;

Besigheidsopnames, byvoorbeeld algemene besighede, sowel as besighede en informele handelaars by oorklimpunte rondom die groter sakekern wat hoofsaaklik deur telefoniese en persoonlike onderhoude uitgevoer sal word;

Spesiale belangegroep-opnames (byvoorbeeld gebruikers met spesiale behoeftes en spesifieke belangegroepe), wat hoofsaaklik deur telefoniese en persoonlike onderhoude sowel as verspreiding van elektroniese vraelyste uitgevoer sal word.

Tydens ‘n onlangse besoek aan George is die terugvoerverslag van die 2022-opname aan die Wes-Kaapse minister van mobiliteit, LUR Ricardo Mackenzie, oorhandig.

“Ek is baie trots op GO GEORGE wat ‘n samewerking tussen provinsiale-, nasionale- en plaaslike regerings is wat pendelaars die wêreldklas vervoerdiens bied wat hulle verdien, hier in die Wes-Kaap,” het Mackenzie gesê. “Die resultate van die 2022-passasierstevredenheidsopname toon dat die lewering van veilige, betroubare en bekostigbare openbare vervoer moontlik is. Ek bedank al die passasiers wat waardevolle terugvoer gegee het oor hoe hulle GO GEORGE-dienste ervaar en ek moedig selfs groter deelname in die 2023-opname aan. Hierdie opnames is ‘n belangrike hulpmiddel om bedrywighede met ‘n bewysgebaseerde benadering te verbeter sodat mense veilig by die werk en skool kan uitkom.”

Navorsingsbeamptes maklik identifiseerbaar

Navorsingsbeamptes sal GO GEORGE-gemerkte identifikasiekaarte dra wat die persoon se foto en ID-nommer toon. ‘n Beroep word op die George-gemeenskap gedoen om 10 minute af te staan wanneer hulle genader word en om te help met die waardevolle terugvoer wat slegs verkry kan word van diegene wat die busdiens gebruik, of op een of ander manier deur sy bedrywighede geraak word.

Vir meer inligting of navrae kan die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044 geskakel word.